Prof. Nelus Niemandt het gister op rekord teenoor Neels Jackson in Beeld gegaan en die emergent kerk WEEREENS verdedig.
Sendingbeweging en nie ‘n kultus nie, Prof Niemandt?
Waarom antwoord u nie enige vrae omtrent die emergent kerk se dwalings nie?
Tony Jones, wat deur Jackson hieronder genoem word as ‘n emergent leier, het gesê:
The church’s fixation on the death of Jesus as a universal saving act must end and the place of the cross must be re-imagined. Why? Because of the cult of suffering and the vindictive God behind it.
Prof Niemandt, vir my lyk dit soos ‘n verwerping van die Evangelie! Waarom spreek u uself nie uit daarteen nie?
En kyk bietjie by hierdie skakel wat sê Kevin de Young van Brian McLaren:
In McLarenism there is no original sin, no wrath, no hell, no creation-fall-redemption, no definite future, no second coming that I can see, no clear statement on the deity of Christ, no mention of vicarious substitution or God’s holiness or divine sovereignty, no ethical demands except as they relate to being kind to others, no God-offendedness, no doctrine of justification, no unchanging apostolic deposit of truth, no absolute submission to the word of God, nary a mention of faith and worship, no doctrine of regeneration, no evangelistic impulse to save the lost, and nothing about God’s passion for his glory. This is surely a lot to leave out.
McLaren’s Christianity is not new and certainly not improved. I don’t believe you can even call it Christianity. It is liberalism dressed up for the 21st century. We can only hope this wave of liberalism fades as dramatically as did the last.
Wat is u opinie hieroor, Prof Niemandt?
Wat help dit ‘n mens is “missionaal” en verkondig ‘n vals evangelie?!
The emerging church is not an evangelistic strategy. It is the last rung for evangelicals falling off the ladder into liberalism or unbelief.
Kevin DeYoung
Prof Niemandt, dit is tyd dat u onomwonde in die openbaar verklaar waar u staan. Die NG Kerk brand, en u speel viool op ‘n emergent deuntjie.
Wynand Louw
‘Sendingbeweging, nié kultus’
Neels Jackson – Beeld 2012-04-29 22:41
Die oorspronklike artikel is hier.
Die ontluikende kerke, oftewel emerging churches, is nie ’n kerkgenootskap met ’n beleid om Jesus Christus af te breek nie.
Dis ’n sendingbeweging wat die evangelie aan postmoderne mense wil bring.
Só sê prof. Nelus Niemandt, moderator van die NG Kerk, na aanleiding van die kritiek waaronder hy die afgelope tyd moes deurloop.
Niemandt was onder meer verlede week in Beeld se brieweblad in die spervuur omdat hy die ontluikende kerke verdedig.
Kritici van dié kerke meen hulle verkondig dwalinge.
Leiers in die ontluikende kerkbeweging sluit figure in soos die skrywers Leonard Sweet, Tony Jones en Brian McLaren.
Die evangelie wat hy by die ontluikende kerke hoor, sê Niemandt, is dat Jesus Christus versoening bring tussen God en mens, tussen mense onderling en tussen mense en die natuur.
Daarby staan die uniekheid van Jesus Christus baie sterk in die ontluikende kerke.
Niemandt sê dat daar wel verskillende sieninge oor sommige kwessies in die ontluikende kerke is, maar hy identifiseer sterk met dié sentrale fokus en met die klem wat daarop gelê word dat dit moet neerslag vind in die praktiese lewe.
Hierby hou hy van die absolute ywer en passie om die evangelie te bring aan mense wat die kerk verlaat het, wat hy ook by die ontluikende kerke kry.
Hy verwerp die siening dat die ontluikende kerke ’n kultus is, en wys daarop dat ’n ontluikende beweging soos Fresh Expressions in Brittanje deur die Anglikaanse kerk gesteun word.
In Nederland, sê Niemandt, doen hoofstroomkerke ontluikende kerkplantings.
Francois Gouws said:
Paulus praat in 2 Tim. 4:3-4 van ‘n tyd wat sal kom wanneer mense die gesonde leer nie meer sal verdra nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en vir hulle leermeesters bymekaarmaak wat net sal sê wat hulle graag wil hoor. Hulle sal die waarheid nie wil hoor nie en hulle tot verdigsels wend. Is dit nie ‘n mooi beskrywing van die post-moderne mens nie? Om te sê dat die ontluikende kerk ‘n sendingbeweging na die postmoderne mens is, beteken jy verkondig die evangelie op so ‘n manier dat dit vir die postmoderne mens aanvaarbaar is. Jy sê net wat hulle graag wil hoor. Die Evangelie moet by die mens aanpas en NIE ANDERSOM NIE! Paulus self het ‘n radikale bekering op die Damaskus pad gehad. Hy moes sy lewe by die evangelie van Jesus aanpas. Daarom is dit ook die raad wat Hy vir Timoteus gee. Ek kan my glad nie vereenselwig met hierdie siening van prof. Niemand nie. So ‘n uitspraak maak alweer ruimte vir die kerk om weg te reformeer van die waarheid van God se Woord af na die mens toe. Ek kies liewer om terug te reformeer na God se Woord toe!
Jaap Pretorius said:
Francous ondersteun jou Kom ons bly by Ou Ou tyding