Keer dié kerkdwaling wat in SA posvat
(BEELD van 27 April 2012 , nie elektronies beskikbaar nie!!!)
Ds. Frans van der Merwe skryf:
Ek het met groot ontsteltenis geluister na die gesprek in Kruis en Dwars oor RSG tussen prof. Johan Janse van Rensburg en prof. Nelus Niemandt, voorsitter van die algemene sinode oor die “opkomende kerk”.
Dit is vir my skokkend dat die voorsitter van die algemene sinode van die NG Kerk standpunt kan inneem om die opkomende kerk self te verdedig. Hoeveel van hulle se dienste hy bygewoon het, bepaal sy siening.
Die grootse gereformeerde teoloë soos R.C. Sproul , die wêreld bekende apologeet Ravi Zacharias en die bekende evangeliese teoloog John MacArthur verwerp die leerstellinge van die kerk oor sy siening oor Jesus en sy verlossingswerk. John Stott is uitgeproke: “As jy die suiwer evangelie verloor, verloor jy jou God.”
Dit is net ondenkbaar dat ’n teoloog soos Niemandt so ’n kerk se leer kan verdedig en nie ’n Bybelse standpunt kan stel teen so ’n dwaling nie. Wat is besig om te gebeur in die NG Kerk? Ek voel soos baie lidmate nie meer tuis in my eie kerk nie.
In die VSA word die opkomende kerk soos die New Age-beweging beskou as ’n cult en nie ’n kerk nie.
’n Tyd gelede was almal in Suid-Afrika gaande oor die “Toronto blessing” en feitlik net Janse van Rensburg het daarteen gewaarsku.
Ek stem saam met Janse van Rensburg dat lidmate van die NG Kerk ingelig moet word oor wat presies die opkomende kerk is en ‘n Bybelse standpunt inneem teen ’n dwaling wat in Suid-Afrika posvat.
somersetmorkel said:
Ds Van der Merwe is een van die min mese in ide NGKerk wat bereid is om sy nek uit te steek. By die afgelope Alg Sinode het die oorweldigende meerderheid t.g.v. dwalings-leer gestem in verskeie besluite: die duiwel, die huwelik/saamwoon en die Belhar-belydenis. Daarmee is die NGK openlik en onomwonde op ‘n dwaalweg geplaas, en die leiers wil nie luister nie en m.i. sal hul ook nie luister nie. Mens kan net ‘n getuienis teen hulle uitbring, wat uiteindelik in God se tyd deel sal wees van die veroordeling van diegene wat op die dwaalspoor volhard. My advies aan enige NGK-lidmaat is: wees versigtig – daar is MIN wat jy nog kan vertrou tussen die teoloee en predikante. Die beste manier om uit te vind of hulle dwaal of nie is, vra hulle om onomwonde hul standpunt te stel oor: Die gesag van die Bybel, Evolusie, Skepping, Adam en Eva en die sondeval, die bestaan van die duiwel, Noag se vloed, Jesus gebore uit ‘n maagd, Jesus se Goddellikheid, Sy fisiese opstanding, Sy wederkoms, gesag van die leer van die Apostels. En: Let op vir glibberige antwoorde… dis die sleepsel van die Slang.
Henrietta said:
Somerset, dit klink darem of daar ‘n hele paar dapperes was wat “opgestaan” het teen van die AS besluite, by die Hoëveld Sinode, ten spyte van die moderator se persoonlike teenwoordigheid daar.
somersetmorkel said:
Mens is dankbaar vir die mense wat begin opstaan teen die dwaalweg waarop die NGK hom sedert die afgelope Alg Sinode in Okt 2011 amptelik bevind. Die feit is egter dat die Moderator, Prof Nelus Niemandt, besig is om verder in die dwaling in te gly met sy uitgesproke ondersteuning van die Emergent (Ontluikende) Church (EC). Hy is ‘n effektiewe leier vir die ‘nuwe’ kerk vir ‘n ‘nuwe’ tyd wat die NGK op ‘n ‘nuwe’ weg wil neem met ‘nuwe’ paradigmas vir mense met ‘n ‘nuwe’ toekoms. Hy luister net eenvoudig nie na mense wat hom daarteen waarsku nie. Hy is soos iemand wat op ‘n glyerige glibberige skuinste net meer momentum optel, en in die proses opgegee het om om te draai, en nou net sy eie momentum vermeerder en dit teen hoop in probeer bestuur, maar in die proses homself in selfdestruksie in manuvreer. Hy rig as’t ware ‘n uitdaging aan almal wat teen hom staan en hom wil vermaan oor die koers wat hy inslaan. Hy probeer nie eens kyk of verwys na die dwaalweg van die Emergent Church nie. Hy is inderdaad ‘n koersvaste leier – koersvas in die rigting van groot skade en skande aan die kerk – en koersvas in die rigting van dwaalleer: ‘n Titanic ‘all over again’. Die rigting van die Emergent Church is onomwonde na waar ‘n leidende EC-figuur Rob Bell in sy boek “LOVE WINS” uitgekom het: universalisme – almal word gered, of jy nou Jesus ken of nie, of jy Moslem, Jood, Boeddhis, Confusiaan, heiden, boomaanbidder, son-aanbidder, daggaroker, verkragter, dief, leuenaar, moordenaar, godslasteraar, of wat ookal is. Die ware Evangelie word misken en Jesus Christus die HERE word gedevalueer tot ‘n godsdienstige figuur saam met al die ander, maar minder nog: jy het Hom nie eens nodig nie.. Hierdie mense aanbid ‘n ander god, professor, ‘n ander Jesus, nie die Een vd Bybel nie – word wakker. Om ander kerke as voorbeeld te gebruik, is nutteloos. Die Anglikaanse kerk is lankal oor die muur – die meeste biskoppe glo nie meer in God nie, en die Nederlandse hoofstroomkerke weet lankal nie meer wie die ware God is nie, wees verseker, ek ken hulle, ek het jare lank met hulle geskakel in daardie lande. Hulle is lankal deur die proses waardeur u nou die NGK lei, en hulle is geestelik deur en deur verrot. Wees verseker: as u op hierdie weg voorgaan, sal die NGK geestelik ook ‘Emerge’ – as ‘n skelet van doodsbeendere: altyd grynslaggend, maar morsdood.