Prof. Nelus Niemandt het uiteindelik in die openbaar bely wat hy glo oor twee van die vrae wat ek aan hom gevra het. Hy het die onderstaande op hierdie Facebook draad gepos.
Ek prys die Here hiervoor!
My vraag is nou, waarom was dit so pynlik? Waarom kon hy dit nie maar op dag een gesê het en al die ongelukkigheid vermy het nie?
Die volgende vraag is natuurlik, wat nou van al die ander vrae? Prof Niemandt, glo u die duiwel bestaan as ‘n geskape wese met eie gestalte en voorkoms?
En waarom haal u steeds teoloë aan wat dwaalleer verkondig sonder om mense teen hulle dwaling te waarsku?
Is u nou bereid om in die openbaar te verklaar dat Julian Muller dwaalleer verkondig? Glo u Ferdie Mulder behoort om verskoning gevra te word? Gaan u nou uiteindelik saam begin stry teen dwaalleer in die NG Kerk?
(Uitreksel begin)
Nelus Niemandt
Op hierdie Sondag waar ons die opstanding vier, dink ek met instemming aan Marius Nel (nou in Stellenbosch) wat sê: Die Nuwe Testament getuig dat Jesus met ‘n verheerlikte liggaam uit die dood opgestaan het wat nóg aan tyd of ruimte, nóg aan sonde of verganklikheid onderworpe is. Die opgestane Jesus kan loop, eet en praat. Sy dissipels kan aan Hom vat, maar Hom nie bind nie, en sy volgelinge Hom herken aan sy woorde, dade (broodbreek) en wonde. Volgens die Evangelies het Hy na sy dood nie net geestelike voortgeleef nie. Hy het liggaamlik opgestaan om daardeur die herskepping wat God aan alle gelowiges sal skenk met die voleinding sigbaar te maak. Hy staan daarom nie net soos Lasarus met ‘n liggaam wat histories en fisies beperk is op nie, maar met ‘n verheerlikte een wat sowel die fisiese, as die historiese dimensies van ons bestaan, oortref.
April 22 at 11:31am
Henrietta said:
Ek het die volgende op KB se FB -muur geplaas by ‘n draad waar die saak ook onder bespreking is:
Henrietta Klaasing. Studente wat antwoorde gesoek het, kon dit destys in Ferdie Mulder se tyd nie by prof. Niemandt kry nie:
“Al die “opwinding”, “nuwe lewe” en “hoop” wat die gesprek tussen geloof en wetenskap kan en behoort te bring vir die teologie het opgeeindig in ongesonde verhoudings, spanning en geestelike dood. Ons studente het kom hulp soek by Prof Niemandt maar geen woord van ondersteuning gekry nie.”
Lees self die artikel hier: http://www.opgestaan.com/in-die-nuus.html onder die opskrif : “Verrassende wetenskap uit Duitsland wat geloof bou en nie
vernietig nie!”