Raad aan NG studente na André Bartlett aanstelling by die sentrum vir bedieningsontwikkeling by die Universiteit van Pretoria – 3 Februarie 2012
Beste NG teologie student by Tukkies,
Jody Nel se berig “Andre Bartlett na Tuks se kweekskool” van 27/1/12 in Beeld het my die begeerte gegee om hierdie briefie vir jou te skryf. In die berig skryf sy dat Dr André Bartlett onlangs aangestel is as hoof van die sentrum vir bedieningsontwikkeling by die Universiteit van Pretoria. Klaarblyklik sal al die teologie studente wat predikante in die NG Kerk wil word voortaan deur sy hande gaan.
Wat ervaring en kennis betref, is Dr Bartlett natuurlik ‘n swaargewig – daardie krediet gee mens hom graag. Sy persoonlikheid behoort ook aantreklik vir sommige jong studente te wees. Op Facebook lees mens egter van die verontwaardiging en teleurstelling van sommige Christene oor hierdie aanstelling. Dalk stel jy belang om te weet hoekom dit die geval is? Dr Bartlett is ‘n prominente teoloog in die NG Kerk wat die afgelope aantal jare ‘n noue vriendskap met Prof Julian Müller het, ook ten tye van die leerdwaling ondersoek in 2006 waarby ek betrokke was. Dr Bartlett het Prof Müller bygestaan tydens die ondersoek en gereeld buite orde begin praat en ook voor die uitspraak sy opinie in die media gaan uitspreek. Beide Dr Bartlett en Prof Müller het met hand en tand baklei dat geen getuienis van Prof Adrio König (wat krities belangrike vrae aan Prof Müller oor Jesus se liggaamlike opstanding gestel het) toegelaat mag word tydens die ondersoek nie. Hulle het toe die kommissie se arm gedraai gekry (waartydens die bandopnemer afgeskakel was). Hierdie gebeure word in detail in my boek Opgestaan uiteengesit./
gerhardbothma bothma said:
Wat presies is die raad wat ferdie gee?
Ek lees net persoonlike aanvalle en selfregverdiging vir oortredings wat hyself begaan het en geen raad nie. Die opskrif is dus misleidend.
hierstaanek said:
Gerhard
Ek het uit respek vir Ferdie se kopiereg net die eerste paragraaf van sy brief hier publiseer. Volg asseblief die skakel en lees die hele artikel! Jy sal dan self jou vraag kan beantwoord.