Kritiek op Dr Ben du Toit se boek “God? Geloof in ‘n postmoderne tyd.” (CLF Uitgewers, 2000)
Deur Wynand Louw
Abstrak
Hierdie kritiek op du Toit se boek “God? Geloof in ‘n post moderne tyd.” sal sal die volgende aantoon.
1) Du Toit verwar die konsepte van kosmologie, wêreldbeeld en epistemologie. Op grond van die pre-moderne kosmologie verwag hy van sy leser om die Bybelse teïstiese wêreldbeeld te verwerp en sy panenteïstiese wêreldbeeld te aanvaar.
2) Du Toit stel ‘n vals antitese tussen die wetenskap en die Bybelse teïstiese wêreldbeeld, terwyl die ware antitese tussen die moderne/postmoderne epistemologie en die Bybelse teïstiese wêreldbeeld is.
3) Du Toit aanvaar die postmoderne epistemologie onkrities.
4) Sy panenteïstiese wêreldbeeld en postmoderne epistemologie maak dit vir hom onmoontlik om die Goddelike openbaring van die skrif te aanvaar en om Goddelike wonderwerke as historiese feite te aanvaar.
5) Sy hermeneutiek is dus geskoei op die ontkenning van Goddelike openbaring en wonderwerke.
6) Hy maak dus Jesus se maagdelike geboorte en sy liggaamlike opstanding verdag.
7) Hy ontken die bestaan van die duiwel.
8) Die enigste proposisie van die Evangelie wat hy skynbaar nie verdag maak of verwerp nie is Jesus se versoeningsdood aan die kruis.
9) Die vraag is of die proposisie van Jesus se versoeningsdood aan die kruis in isolasie van al die ander proposisies van die Evangelie, wat du Toit verwerp, kan bly staan. Die leser moet maar self besluit.
Die volledige artikel is hier beskikbaar in PDF formaat en is ongeveer 30 bladsy lank.
Wynand Louw
Somerset Morkel said:
Hierdie verwarde teoloog moet ander lei na die Waarheid? Hy klink meer na ‘n ongelowige hoewel hy veel van God te se het, en mens wonder onwillekeurig of hy nie maar ‘n agterdeur oophou om darem “Jesus aan die kruis” te erken nie. Maar Rome erken Hom ook daar, en hou Hom daar – ‘n magtelose God wat deur mense vernietig is. Die vraag op die ou einde is wie moet mens glo – iemand wie se boek van die verkeerde vertrekpunt begin (onbewese syfers oor evolusie) en daarom al die pad agtertoe dwaal, of die Skrif wat deur God aan ons gegee is deur die heiliges wat deur die Heilige Gees gedring is? Na stelling nr 9 hierbo verwys: Die verwarde teoloog se Jesus is nie die een van die Bybel nie – die Bybelse Jesus is geopenbaar as God Almagtig van Gen 1:1 tot die laaste vers van Openbaring. Die probleem is dat ‘n valse hermeneutika die moderne teoloee in ‘n kader plaas waar die wereld se mense se liberale opinie oor God belangriker as die woorde van God self. Dit is tragies. Hierdie boek sou ek in kort beskryf as ‘gemorspos van ‘n twyfelaar’.