Gebed is nou dringend nodig
Tydens die eeufeesvieringe van die ANC in Bloemfontein op 6-8 Januarie 2012 gaan offers aan die voorvaders gebring word – kyk http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Seremonies-ontstel-20120103.
Dit is aanduidend van die geestelike verval en nood van ons land. Die hele Bybel is vol van God se afkeur oor afgodery (Eks. 20:3). Ons land kan nie hoop op God se seën, as ons Hom die rug toekeer en uittart met afgodery nie. Die situasie in ons land maak dit uiters noodsaaklik dat daar nou ernstig en volhardend vir herlewing gebid moet word. Hierdie is ‘n saak waaroor Christene van alle denominasies saam behoort te staan.
Kom ons verenig in gebed. Kom ons smeek die Here om ons te besoek met ‘n herlewing deur die Heilige Gees, soos wat hierdie land nog nooit gesien het nie. Sal u nie asseblief besluit om individueel of in ‘n groep elke dag op ‘n sekere tyd vir herlewing te bid tot 15 Januarie nie?
Mag God u seën.
Stuur hierdie asb. so wyd moontlik aan.
Henrietta said:
God verbied kontak met afgestorwenes (Num 19:31; Deutr 18:11; 1Sam28; Jes 8:19) !!
Alwyn Du Plessis said:
Asseblief mense…die pers ruk weer die hoender van die” julle weet wat” af. Afrikaner Christene kom byeen by monumente en noem dit op en dank God vir die genade van voorouers. Dit is presies wat die ANC nou gaan doen. Nou word daar van voorvaderlike geeste gepraat. Dit is nie die waarheid nie.
Somerset (Sommie) Morkel said:
Alwyn: Om jou voorouers te eer (dit sluit jou pa en ma in), en God te dank vir hulle rol in die geskiedenis, is iets heel anders as om hulle geeste op te roep, hulle (die geeste) te eer, en dan SA aan die geeste oor te dra. Hierdie mense glo eerder in voorvadergeeste as wat hulle in God glo. Dit is ‘n definitiewe alternatiewe geloof, al erken hulle dit nie. Dit is bv. so persoonlik aan my oorgedra deur ‘n groep mense by ‘n seminaar van 650 mense in Pretoria waar ek ‘n lesing aangebied het oor motivering. As deel van die referaat het ek verwys na die rol van mense se persoonlike geloof in die oorwinning oor teespoed, teleurstelling en terugslae. Hierdie groep mense wou niks weet van God en Jesus Christus nie – hulle het onomwonde verklaar dat hulle die voorvader-geeste aanbid. Hulle aanbid dus ‘n ander god as die God van die Bybel – wie se Naam Jesus Christus is.
Somerset (Sommie) Morkel said:
Alwybn: Hierdie is op die terrein van die okkulte, waarvan mens iets moet verstaan voordat jy besef dat jy dit nie kan gelykstel met gewone geskiedkundige eer aan voorvaders/moeders wat ‘n positiewe rol gespeel het nie. Die aanroeping van voorvadergeeste is okkulties en is in die demoniese dimensie. Die eer van vorige mense in die geskiedenis vir hulle bydrae, is bloot geskiedkundig. Daar is ‘n groot verskil – en die okkultiese een het geestelik slegte gevolge, omdat dit kontak met die geesteswereld behels, wat uitdruklik deur God in Sy Woord verbied word.. Vir detail kyk: http://www.amazon.de/Okkultes-ABC-Kurt-Koch/dp/3924293023
Somerset (Sommie) Morkel said:
Nêrens in die Skrif word daarvan gepraat dat die Hebreërs die voorvaders oproep nie – deurgaans word in die teks verwys na “die GOD van Abraham, Isak en Jakob”
Henrietta said:
@ Alwyn – dink jy nog dieselfde oor wat beplan word, na die lees van die volgende?
2007-09-26 in Beeld was daar ‘n berig onder die opskrif: “Kaders kom huis toe vir laaste rus”.
Hier is ‘n stukkie daaruit:
Vanjaar het ’n belangrike afvaardiging – onder wie kerkleiers dss. André Bartlett en Gift Moerane – dié reinigingseremonie bygewoon, aangesien dit die laaste keer is wat dit hier gehou sal word.
“Ná jare se gesprekke met die families het ons besluit om die geeste van die dooies van Tanzanië na ’n laaste rusplek in Suid-Afrika te vervoer,” verduidelik genl. Lehlohonolo Moloi, voorsitter van die Vryheidspark-trust. “Dit sal simbolies na die Vryheidspark vervoer word, waar hulle finaal tot ruste sal kom.”
Lees die hele stuk hier:
http://www.glodiebybel.co.za/component/content/article/520-2007-09-26-kaders-kom-huis-toe-vir-laaste-rus.html
Henrietta said:
Rituele slagtings as deel van die aanroeping van voorvadergeeste: http://www.news24.com/SouthAfrica/Politics/ANC-centenary-ritual-slaughter-begins-20120107
Henrietta said:
Skokkende joetjoebie oor reiningingseremonies van tradisionele genesers, Suid_Afrika: