My naam is Wynand Louw.
Ek is ‘n sondaar wat die genade van Christus elke dag in my lyf ervaar.
Hy het vir my, die grootste van alle sondaars, gered.
Hy is besig om my, in wie die sonde nog steeds soos ‘n parasiet woon, al meer en meer te verander om soos hy te lyk. (Wees geduldig met my, die oorwinning kom stadig maar seker, geveg na geveg, veldslag na veldslag.)
En eendag, wanneer ek Hom van aangesig tot aangesig ontmoet, sal hy my totaal herskep om vir ewig, in ‘n verheerlikde liggaam soos syne, by hom te wees.
Slabbert said:
Dankie broer vir hierdie getuienis, dit is elke ware gelowige (ook myne!) se getuienis (hoor ons broer Jesaja se Geestelike versugting en uitroep in Jes.6:5; Petrus se sonde stryd in Luk.5:8; Paulus wat deur die Gees getuig van die gelowige se pelgrims-stryd: Rom.7:19-26), ja, sonde maar dank God ook (en veral) genade wat oorwin het ! (sien Ps.51:5 in die lig van vers 3,4).
Sterkte met jou roeping
1 Tim.1:15 groete
Slabbert
hierstaanek said:
Slabbert
Ek ervaar die oorwinning daagliks. Dit is die grootste genade van alles.
Dawie Theron said:
As predikant van die Ng Kerk verkondig ek die evangelie soos wat ek dit geleer het. Die debatte van die hedendaagse teoloe maak my moeg en ek vind dit regtig nie van waarde nie. Kom ons bly by die Evangelie van Jersus Christus, die seun van God, ons verlosser en verryk mekaar se denke met die “ou” waarhede. Dis nie omdat ek fundamentsalisties is nie, maar Jesuds Christus en die nuwe lewe in Hom beterken vir my so baie dat ek regtig jammer is vir my kollegas (teoloe) wat erens die pad byster geraak het. Jesus is HERE en in Hom is daar ware lewe!
Dr Dawie Theron
hierstaanek said:
Hallo Dawie
Dit is inderdaad so dat die debatte nie van waarde is nie. Maar dit is ook inderdaad so dat ons teen ons wil in die debatte ingedwing word omdat die dwaling in ons kerk ‘n realiteit is, en dit is Christus se opdrag dat ons daarmee moet reken!
Jy herinner my aan die ou Halleluja lied: Bring my die ou-ou tyding, die boodskap van God’s heil. Van Jesus sondaarliefde, die liefde sonder peil…
Dankie!
Bram said:
alreeds in die tye van die eerste kerk in die tyd van die apostle van jesus was daar die neiging tot verdraaiing van die ware evangelie , 2 petrus 2;1 bring dis aan’t ligt , En daar is ook valse profeten onder.t volk geweest .soos ook binne u valse leraars sy ,hully sal die verdelyke ketterye heimelyk invoer.en hully sal ook die Here ,die hully gekoop het verlooen , en,n haastige verderf oor hully self bring . deur al die euwe heen , het mense gestry . teen die verdraaiing van,t ware evangelie , die reformatie was,n voorbeeld van dat ..hartelyke groete .en sterkte
Louis van Rooyen said:
Baie dankie Wynand,ek is so dankbaar vir dapper gelowiges soos jy wat vir die waarheid uitstaan in n kritieke tyd van dwaling en misleiding deur sogenaamde kerkleiers.
Seen
Ds Louis van Rooyen
hierstaanek said:
Louis
Dit is net so belangrik dat leraars die waarheid verkondig – en die dwaling uitwys – van die kansel! So dankie vir wat jy in jou gemeente doen!
Wynand
Elsa Telle said:
Hallo Wynand. As vrou haal ek my hoed af vir manne wat in outoriteit, waagmoedigheid en ‘n UITVERKOOP AAN JESUS CHRISTUS, bereid is om die Waarheid van die Skrif te verdedig. Mag ek jul denke challenge met die skrifwaarhede rondom egskeiding. Ek het n bediening onder vroued dogters van Sara” gebaseer op 1 Petrus 3:6b. Ek kry met baie vroue te doen wat ek moet bedien en in die skrifwaarhede moet begelei. Terloops ek is Gawie Botha se suster Elsa
Ferdi Alberts said:
Hou so aan Wynand en sterkte, ons het mekaar nodig in hierdie tye. Paulus het die valse predikers by die naam genoem en dis iets wat mense vandag probeer vermy. Tog is daar ‘n verskil om iemand uit te ken en iemand te verguis en wat mens op jou blog lees is werklik in goeie smaak. Die Here help jou…
die duiwel said:
“Hy is besig om my, in wie die sonde nog steeds soos ‘n parasiet woon, al meer en meer te verander om soos hy te lyk.”
Wat ‘n siek ou moet “Hy” dan wees. Die ou in die Bybel tref my as iemand wat liefde openbaar, nie iemand wat heeldag kwaad stook sood Wynand nie.
Louis van Jaarsveld said:
Ek het self ‘rooi’ Louws in my familie. Maar Wynand het na Jean se voorlopige skorsing van verlede Maandag, tog die goeie vir Jean toegewens!
Paulus noem homself in een van sy laaste briewe nog ellendig. Maar Goddank, as ons aan Jesus Christus behoort, sal God ons nie veroordeel nie. Jesus self is ons heiligmaking (I Kor 1: 30). Hoekom? Omdat Sy absoluut onskuldige rooi lewensbloed vir ons gestort is!
hierstaanek said:
Louis, ek moet sê ek voel nogal geëerd dat die duiwel self hier kom gal braak het. Daar is ‘n spreekwoord wat sê ‘n man se waarde kan gemeet word aan die kwaliteit van sy vyande… Alhoewel in die geval gaan dit nie oor kwaliteit nie maar gewildheid. Die duiwel is seker die gewildste ou op aarde, maar hy bly maar robbies.
Louis van Jaarsveld said:
Wynand, ja – dis duidelik dat duisternis nie met die lig van die Heilige Gees kan meng nie. Selfs Goethe se doktor Faustus moes aan die begin van die veronderstelde ‘verligting’ van twee eeue gelede agterkom dat sy kamma-liefdevolle pakt met die bose Mefistofeles, hom nie eintlik nie veel gebaat het nie. Sy naïewe meisie Margaretha moes dit onder sy skeermestong ontgeld.
En dis nie dat jy die eer van hulle aanval gesoek het nie. Maar jy kan ‘n huppel in jou stap hê, ja, dans van blydskap, dat die eer jou te beurt geval het om ‘n valse aanklag van die aanklaer en sy trawante teen jou te kry.
Dis nie dat mens jouself kan aanmatig nie; dis die Hére wat die duiwel sal straf. Van die begin af het die aartsbedrieër ons menslikheid vermoor; menigeen het hy met die slap riem van ‘n flou liefie-liefie benadering gevang – terwyl hy allie pad probeer slag en steel en vernietig onder ons. Hy wil menigeen oortuig om hul ou skoene agter hom aan te gooi, sodat hulle – op die groot dag van die bruid – saam met hom in die ondergrondse swembad van stinkbom-lawa gegooi kan word.
Bangmaakstories? Die vrees van die Here bly die begin van wysheid. Die ou kalant se geslepe mikpunt is aan die ander kant om mense wat ontgogel is met verdoemende skrifgeleerdes en fariseërs, en eweneens ontnugter is met die gebrek aan vryheid by die geraasmate, de leste verantwoording te laat minag. Sy mikpunt is om hulle as asvaal halfbreeds onvergeeflik te laat laster.
En dit teen die Heilige Gees wat Sy liefde verruklik in mense se harte uitgestort het? So verruklik dat ons as moderniste en post-moderniste die ware Jesus so nimmer as te nooit op ons breinskerm gefabriseer en geprojekteer sou kon kry nie?
Ook wanneer ons ontrou is, bly Hy egter getrou, skryf Paulus aan mense wat nog nie klipsteenhard in hulle-se harte loop raak nie. Wie in Gees en waarheid na Hom soek, sal Hom vind.
Kobus vd Merwe said:
Louis, uitstekend gestel!
Louis van Jaarsveld said:
Kobus, as jy dan amen sê, laat ons oopoë bid!
Dawie said:
Goed gestel Wynand!
Theo van der Walt said:
Wynand, Ek is redelik geskok deur die moderator van Wes en Ooskaap, Dr Braam Hanekom, se gelukwensing van die nuwe Pous en dat hy nogal se dat ‘hulle’ nou kan saamwerk om die ‘boodskap’ te versprei. Besef die NG Kerk nie wie die Katolieke Kerk is nie? Hy verwys na en ek ‘copy’ sommer vanaf hulle verklaring “Dit is inderdaad `n historiese geleentheid en betekenisvol nie net vir die Katolieke Kerk nie, maar ook vir die hele Christen-gemeenskap wêreldwyd. Dit bevestig nie net voortdurende bewegings wat in die wêreld-kerk aan die gang is nie, maar herbevestig ook `n beweging na eenvoud, die helder verkondiging van die Evangelie van Christus en die uitreik na armes.
Word die mense doelbewus mislei of ken die NGK nie die waarheid oor die Katolieke kerk nie?
Groete.
Theo
proregno said:
Beste Theo/Wynand,
Kan julle my help met ‘n bron vir hierdie aanhaling van Braam Hanekom, ek soek daardie koerant uitknipsel maar ek kry dit nie in die hande nie. Dankie
Theo van der Walt said:
Proregno, Dit was op RSG in n onderhoud met Hanekom uitgesaai en dit het op die NGK se webblad verskyn daarna.
Hier is dit soos die pers verklaring gely het. Ek weet nie of dit in spesifieke koerante verskyn het nie.
Hoop dit help
CONGRATULATIONS TO THE CATHOLIC COMMUNITY ON THE ELECTION OF THE NEW POPE
It is with great excitement that we want to congratulate the worldwide Catholic community on the election of the first South-American Pope, Jorge Bergoglio, or Francis 1.
This is indeed a profound, historical moment and full of meaning, not only for the Catholic Church but for all Christians over the world. It confirms the continuous movements that are taking place in the church worldwide but also reconfirms the movement towards simplicity, the clear proclamation of the Gospel of Jesus Christ and the church’s solidarity with ordinary people and the poor.
Together with the Catholic community, we are grateful and proud of his election as the new Pope and pray that God will bless him with love, good health and wisdom.
Dr Braam Hanekom
Moderator Dutch Reformed Synod of Western and Southern Cape
GELUKWENSING AAN KATOLIEKE GEMEENSKAP MET DIE VERKIESING VAN NUWE POUS
Graag wens ons die wêreldwye Katolieke gemeenskap geluk met die verkiesing van die eerste Suid-Amerikaanse pous , Jorge Mario Bergoglio, of te wel Franciscus I.
Dit is inderdaad `n historiese geleentheid en betekenisvol nie net vir die Katolieke Kerk nie, maar ook vir die hele Christen-gemeenskap wêreldwyd. Dit bevestig nie net voortdurende bewegings wat in die wêreld-kerk aan die gang is nie, maar herbevestig ook `n beweging na eenvoud, die helder verkondiging van die Evangelie van Christus en die uitreik na armes.
Ons is saam met die hele Katolieke gemeenskap dankbaar oor en trots op die verkiesing van die nuwe pous en bid hom Gods rykste seën, gesondheid en wysheid toe.
Dr Braam Hanekom
Moderator NG Sinode van Wes-en-Suid-Kaapland
2013-03-14
braam@kaapkerk.co.za
021 957 7202